Saturday, May 12, 2012

Ons mis vir Ma so!

Dis drie jaar laas
wat ek hier was.
Ek is skaam om dit te erken.

Die twee ouer kinders onthou nog,
die kleintjies volg nuuskierig.

Ons gaan soek haar...



en ons vind...


haar mooi prentjie...
die tyd hier by ons
was veels te kort.
Ek wens Ma kon die kinders sien...


Ek vertel gereed al die storietjies en
die snaakse goed wat Ma altyd gesê het.
"Ouma Stella het altyd gesê..." en
"my Ma het 'n woord gehad vir dit..."
of "Ouma het dit altyd so gedoen..."
Hulle het dalk nie vir Ma so goed geken nie, 
maar deur my ken hulle ook hul Ouma.
Ai ons mis vir Ma!
Gelukkige verjaarsdag en Moedersdag,

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...