Saturday, April 7, 2012

Seder feestelikheid!

Wat begin het as 'n eenvoudige tuisonderrig projek, het nou 'n instelling geword by ons - 'n Seder ete.

Ons het ons eie Seder ete borde gemaak en hard gewerk om alles net mooi perfek te hê vir ons gaste.
As jy kan onthou,  het hierdie dag glad nie perfek begin nie. Gelukkig laat ons foute en ons swak punte ons altyd weer fokus op die perfekte Een. Hierdie dag en hierdie seisoen vier ons dit wat Jesus Christus vir ons kom doen het!

Ongesuurde brood


Spesiaal vir die klein mensies


En as jy kan lees, is jy oud genoeg om saam met die grootmense aan te sit...




Die kinders geniet hierdie geleentheid so!


En Paasfees is nie Paasfees sonder lamsvleis nie

Ek het grootgeword met die ou paashaas en paaseiers gaan soek in die tuin. Vrydag oggend kerk toe, en dan het die hele dag soos 'n Sondag gevoel net om weer twee dae later nog 'n Sondag te beleef. En dieselfde tradisie het ek met my eie kinders voortgesit met sjokolade eiers en hasies en kruise en iewers het ons die betekenis van Paasfees gemis.

Is Paasfees en dit wat daar gebeur het aan die kruis op Golgota nie die absolute middelpunt van die Christelike geloof nie? Dan moet ons mos 'n baie groot hoe-ha maak van hierdie fees nie waar nie!?

Hoe vier jy die Paasfees?
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...