Monday, January 30, 2012

'n Nuwe uitdaging... of ommekeer?

'n Onlangse skrywe van Ann sny diep en laat my dink...

Wat is my nalatingskap aan my dogters? Wat is die geskenke wat ek vir hulle nalaat? Waar en wat is my fokus in tuisonderrig? Is ons besig om dít te leer wat ewigheidswaarde het? Of is ons besig om versmoor te word deur die vereistes van die wêreld? Wat jaag ek? 'n Agtermekaar huis en eksie perfeksie tuin? Perdry, tennis, ballet of klavier? Of volg ek in die voetspore van my Heer?

Ons het Bybelstudie op 'n Woensdag. Die een ding wat soos 'n paal bo water uitstaan op hierdie aande is die diep begeerte van elkeen daar... meer: Meer van God, meer van Sy Woord, meer kennis, dieper, en net een verwyt: Ek wens hier was minder wêreld in my kop en meer van Hom. Ons word almal groot voor boeke en leer en eksamens en diplomas en grade en dan vind ons vir Jesus en skielik maak niks van die wêreld meer saak nie: Ons smag na meer...

My mond hang oop as iemand langs my Skrif netso aanhaal. Ek wens ek wens. Is dit 'n gawe as iemand so die Bybel ken? Of behels dit dalk 'n bietjie moeite? 'n Bietjie tyd opsy sit en leer. Leer en memoriseer. Sy Woorde in plaas van die 9 maal tafel?

Hierdie jaar sal ons doelbewus meer Skrif memoriseer: En wat 'n beter plek om te begin as die bergpreek? (Matthéüs 5-7)


Ambisieus?

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...