Thursday, December 29, 2011

How one blog entry changed a life.

Hier is die skakel na die een blog inskrywing wat vir my gelyk het na 'n eenvoudige uitdaging, en op die ou end my lewe kom verander het.

Nadat ek alles gelees het oor die jaar van hier, was ek baie nuuskierig. Ek kon identifiseer met wat Ann geskryf het: 'n gedagtelose aksie soos om broodkrummels van die tafel te vee het my nog nooit aan enige iets meer laat dink as net wat ek volgende moet doen nie. Ek het nog nooit in die oomblik net gestop om dankie te sê vir daardie oomblik nie. My lewe was te 'n dolle gejaag van die een ding na die volgende sonder om regtig te dink, en wat nog te sê van dankie sê!? Ek was nuuskierig genoeg om die boek te kry en het die onmoontlike uitdaging aanvaar om 'n 1000 dankies neer te skryf! Een duisend geskenke. Een duisend dinge wat ek dalk net verby sou jaag en heeltemal mis... geskenke reg uit die hand van God, elke dag oorgesien en net gemis. Kon ek langer beskostig om dit mis te kyk?

Die lysie het soos volg begin, een oggend in April hierdie jaar (2011):

#1 Dankie Here vir 'n klein Jan Frederik wat sy hart uit sing!
#2 vir die eerste winter reën


Jy mag dalk vra wat is tog die verskil tussen dankie dink en dankie skryf?
Daar is 'n verskil.
'n Groot verskil.
Om te stop, 'n pen op te tel en die geskenke te noem, een vir een,
kan 'n lewe verander.
Dit het,
myne.
Dit het alles kom verander.

Teen die tyd wat hier gekom het,
#49 Dankie Here vir tyd
het ek besef dat indien ek nie gaan stadiger leef nie, ek al die geskenke gaan mis. Ek het ook besef dat die gewone dankies waardeur mens hardloop in gebed die maklike dankies is. Ek het besef die moeilike dankies is die dankies wat ons miskyk oorsien ignoreer want alles is geskenk. Gift. Genade uit Sy hand. Alles. En hoe kan ek nie dankie sê nie?

Jy mag jouself sien as van nature 'n dankbare mens, maar ek daag jou uit, gaan skryf die dankies neer. Gaan soek 1000 geskenke uit Sy hand om voor dankie te sê. Jy mag dalk net ontwaak tot 'n nuwe lewe en 'n nuwe uitkyk. Dit mag dalkies net jou lewe ongelooflik omkeer!


As jy dit gemis het, hierdie is my uitdaging aan jou...
Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...